Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas pom poms weer bo

Lewensgevaarlike toertjies het die gehoor en beoordelaars op hulle voete gehad vir 'n staande ovasie.

Tydens die RACA-kunstefees het Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se pom-poms die beoordelaars en toeskouers verstom met ‘n foutlose vertoning.

Volgens Retha Rossouw, pom-pom organiseerder, woordvoerder van Jannas het hul pom-poms kommentaar gekry soos, “Fantastiese gebruik van energie, spasie, verskillende dansstyle, skoon lyne, sterk gesigsuitdrukkings en bewegings.”

Sy sê beoordelaars was beindruk met die feit dat Jannas se pom-pom uit ‘n groot span van 37 dansers bestaan en doodgewone skoliere is. Alle leerlinge kry die geleentheid om deel te wees van die span.

Die spesifieke optrede was opgedra aan Avril Bennet wat die kostuums maak vir Strictly Come Dancing en onlangs skielik oorlede is. Al die pom pom-lede het ‘n foutlose optrede gedoen ter nagedagtenis aan haar.

Avril het ook Jannas se kostuums gemaak wat uit duisende Swarovski Kristalle gemaak is en die lap was ingevoer van Londen en word genoem London Red.

Lewensgevaarlike toertjies het die gehoor en beoordelaars op hulle voete gehad vir ‘n staande ovasie. Die Kaptein van die span, Veronique Rossouw, sê dit is al deel van die span se samestelling om elke sekond dit die moeite werd te maak vir die toeskouers.

Jannas pom poms het ‘n Diamant (A++) toekenning gekry. Die beoordelaars het afgesluit met die opmerking, “Wat ‘n ongelooflike vertoning wat absoluut ongelooflik foutloos uitgevoer is en ‘n 100% werd is.”

Jannas pom poms het was ook aangewys as kategorie wenners in die RACA-kunstefees op Saterdag 25 September.

Related Articles

Back to top button