Local newsNewsSchools

Jannas se filantropiese kunstenaar

Jannas sê daar wag 'n blink toekoms in die kunswêreld op veral Stefan.

Een van Jannas se leerlinge het ‘n spesiale toekenning tydens die Raca-kuntefees ontvang vir sy kunswerk oor renosterstropery.

Jannas se kunsdepartement het vanjaar verskeie werke by dié kunstefees ingeskryf. Die skoolwoordvoerder het gesê hulle is baie trots op Stefan van der Merwe, ‘n Graad 11-leerling wat ‘n spesiale sertifikaat ontvang het. Beoordelaars was baie beïndruk met sy kunswerk en sy sertifikaat spesifiseer Excellence in painting.

Stefan voel sterk oor renosterstropery en glo dat daar ‘n groter taakmag op die been gebring moet word om Suid-Afrika se renosters te beskerm. Hy glo dat dit ook as werkskepping sal dien en ‘n algehele bewusmaking van die land se kosbare diereryk sal skep.

Mathie van Deventer, Jannas se kunsonderwyser, het vertel hoe trots sy op haar kunsleerlinge is en dat daar veral ‘n blink toekoms in die kunswêreld op Stefan wag.

Related Articles

Back to top button