Local newsLocal sportNewsSchoolsSportUpdate

Hip-hopdansers op pad Italië toe

Riebeeckrand-leerlinge twee van 25 wat aan 'n nternasionale kompetisie gaan deelneem.

Twee dansers van die Mario Gomes Dancing Academy gaan einde Oktober as deel van ‘n hip-hopdansspan aan ‘n internasionale hip-hopkompetisie in Rinini, Italië deelneem.

Bianca Jansen van Vuuren en Leila Swanepoel is Graad 10-leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand. Hulle dans ongeveer drie jaar al by Mario Gomes met ‘n agtergrond wat insluit ballet, akro-gimnastiek, jazz, Energy, Bongra, moderne en kontemporêre danse.

Hulle het ‘n strawwe oefenprogram en is elke Donderdag van 6.30nm tot 9nm en elke tweede Saterdag van 1nm tot 7nm hard aan die werk.

Leila het verduidelik dat die span gekwalifiseer het omdat hulle top plekke behaal het in drie hip-hopkompetisies. In die Battle of the Giants by Sun City het hulle die vierde plek behaal, tydens die hip-hopkompetisie in Pretoria het hulle eerste geëindig en tydens die Gauteng Hip-Hop Kampioenskappe in Randburg het hulle ‘n derde plek losgedans.

Daar is ongeveer 25 dansers in hul Legion-span. Hulle probeer nog om donasies en borge kry om hul kostes vir die kompetisie in Italië te dek. Hulle gaan ook ‘n vertoning hou om vir minstens twee dansers te kan betaal.

Die film wat hulle inspireer is die gewilde hip-hopfilm, Step Up.

Bianca se motivering vir haar lewe en dans is, “Every accomplishment starts with the decision to try.”

Leila se leuse is, “Better to fail in originality than to succeed in imitation.”

Op pad Italië toe, Leila Swanepoel en Bianca Jansen van Vuuren.
Op pad Italië toe, Leila Swanepoel en Bianca Jansen van Vuuren.

Related Articles

Back to top button