Local newsNews

Gestremde se daaglikse stryd

Maar die koste van 'n prostetiese been is uitermatig hoog.

Die verkeerslig in Homesteadlaan naby Spur reguleer elke dag swaar verkeer. Daar sit Danie Esterhuizen in sy rolstoel met heimwee in sy oë.

Danie is 55 jaar oud en huur ‘n woonplekkie by ‘n bejaarde in Homelake.

Die afgelope twee jaar het Danie donker tye beleef toe sy been afgesit is nadat sy are vernou het. Hy het sewe jaar vir Nola gewerk en het tot verlede maand ‘n ongeskiktheidstoelae ontvang.

Die ongeskiktheidstoelae is nou gestop, het Danie gesê.

Hulle weier om die fondse elke maand aan my te betaal. Hulle wil hê ek moet ‘n prostetiese been kry.” Maar die koste van so ‘n been is uitermatig hoog.

Hy het vertel hy sit nou al ‘n maand by die verkeerslig met die hoop dat hy sy huurgeld so sal kan kry omdat hy nie kan verwag dat die bejaarde man vir hom moet sorg nie. Terwyl die Herald met hom gesels het, het een motoris vir Danie ‘n donasie gegee.

Ten spyte van die gedreun van die motors om ons, het Danie rustig verduidelik dat hy niemand spesiaal in sy lewe het nie, maar dat hy ‘n goeie vriendin het waar hy loseer.

Volgens Danie sê die Bybel mens kan nie gaan lê as dae donker word nie. Hy hou stewig aan sy geloof vas.

Daar is ‘n liedjie wat lui: We all get the flu,we all need aid, we’ve got to stick together after all, everybody’s good enough for some change.”

Enigiemand wat vir Danie Esterhuizen werk kan aanbied, of ‘n donasie kan maak, skakel asseblief vir Maritza by die Herald by 011 693 3671.

Danie Esterhuizen het twee jaar gelede sy been verloor en sit nou by 'n verkeerslig en bedel om te kan oorleef.
Danie Esterhuizen het twee jaar gelede sy been verloor en sit nou by ‘n verkeerslig en bedel om te kan oorleef.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Mense kry bitter swaar

Doof, stof en blind maar positief

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button