Local newsNewsSchools

Jannas-redenaars skitter in Engels

'Die kompetisie is aangebied om leerlinge se selfvertroue 'n hupstoot te gee.'

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se redenaars het vanjaar aan die jaarlikse Engelse Public Speaking-kompetisie deelgeneem en nie teleur gestel nie.

Volgens Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas was vanjaar se kompetisie weereens baie sterk en elke deelnemer was goed voorbereid.

Die kompetisie is juis aangebied om leerlinge die geleentheid te gee om hul selfvertroue ‘n hupstoot te gee. Die beoordelaars het positiewe kritiek gegee sodat die redenaars deur die kompetisie beter redenaars-vermoë kan opbou.

“Hulle het hoe ‘n redenaar moet staan, hoe om nota kaartjies te gebruik en die regte hoeveelheid oogkontak aangespreek in ‘n terugvoering sessie.

Die senuwees het maar goed geknaag tot dat elkeen se beurt uiteindelik verby was. Van die onderwerpe onder bespreking was Success; Do the clothes you wear define you; Abundance; An eye for an eye; Religion en Xenophobia om maar ‘n paar te noem.”

Junior- en seniorwenners:

• Junior afdeling – Tiaan van Niekerk met sy onderwerp Hot shot or not?

• Senior afdeling – Charl Ludick met sy onderwerp Psychopaths.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button