Local newsLocal sportNewsSport

Nuwe gimnastiekklub wys hulle kan

Vier van Westonaria Gimnastiekklub wen medaljes.

Vier gimnaste van die Westonaria Gimnastiekklub het onlangs hul Gauteng Noord-kleure ontvang.

Die klub het glo onlangs eers oopgemaak en die gimnaste wys klaar wat in hulle steek.

Alma Potgieter, eienaar van die klub, is baie trots op haar gimnaste. Lara Rankin het ‘n bronsmedalje en Lunet Taute ‘n goud losgeslaan terwyl Wandile Radebe en Nicolene Potgieter elk ‘n silwermedalje ontvang het.

Hulle volgende groot kompetisie vind plaas op 5 September en Westonaria Gimnastiek-klub wens hul gimnaste alle voorspoed toe.

Related Articles

Back to top button