Die liefde blom steeds na 50 jaar

Die geheim van ‘n suksesvolle huwelik is …

Kobus, 75, en Joekie Erasmus, 68 het op Maandag 31 Augustus hul 50ste huweliksherdenking saam met familie en vriende gevier. Die paartjie bly al 36 jaar lank in Randontein.

Kobus het die eerste keer vir Joekie by die Kango-grotte naby Oudtshoorn raakgesien. ‘n Ruk later het hy haar verbasend genoeg weer in Hartenbos raakgeloop. Joekie en Kobus het op Joekie se 18de verjaarsdag amptelik met ‘n verhouding begin.

Toe die Paasnaweek aanbreek het hy vir die eerste keer by haar gaan kuier en ‘n maand later het hulle verloof geraak. Vier maande later is die paartjie in Stilfontein getroud en hulle het Kobus se seun en hulle eie drie seuns saam onder een dak grootgemaak.

Hulle het ook al 10 kleinkinders.

Joekie het gesê,

Die wenresep is om die Here in jou lewe en huwelik te hou en as daar probleme kom, moet paartjies vasbyt.”

“Nie een van ons sit op die ander se kop nie,” was Kobus se kommentaar.

Kobus maak glo elke aand vir Joekie ‘n heerlike ete en Joekie behartig allerhande takies in die huis. Elke jaar neem hulle ‘n romantiese wegbreekkans en hou vir vyf tot ses weke in hul woonwa in Hartenbos vakansie omdat dit die plek is waar hulle mekaar gevind het.

Megan Erasmus, die nuwe Mej Rierand Junior is een van hul talle trotse kleinkinders.

Oor hulle ouderdomsverskil het Kobus laggend vertel,

My pa het altyd gesê ek moet ‘n jong vrou trou want vrouens word gou oud.”

Hy staan nog steeds op sy knieë voor sy vrou.

AFRIKAANS:

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: [insert related story here and hyperlink]

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version