Local newsNewsSchools

Jannas se akademie-boffin

'Hierdie is jaarliks 'n groot uitdaging aan al ons leerlinge.' – Jannas.

Tydens een van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se saalopeninge het ‘n Graad 11-leerling ‘n wisseltrofee en kontantprys ontvang vir goeie prestasie in Fisiese Wetenskap en Wiskunde.

Francois van Graaf van Naturebond het die trofee en ‘n kontantprys van R2 500 aan Renier van Dyk oorhandig nadat Renier aangewys is as Jannas se Fisiese Wetenskap- en Wiskunde-boffin.

Christo de Villiers, ook van Jannas, het R500 ontvang vir die beste vordering in albei vakke.

Baie geluk Renier en Christo. Dit is die begin van groot dinge. Hierdie is jaarliks ‘n groot uitdaging aan al ons leerlinge. Groot dank aan mnr Graaff vir hierdie ongelooflike gebaar,” het Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas gesê.

Related Articles

Back to top button