Rappies se Sandra hol dat die biesies bewe

'Dit is goed vir my gesondheid maar die belangrikste is ek geniet dit.'

Sandra Wijtenburg, ‘n Graad 7-leerling van Laerskool Rapportryer het reeds tydens twee groot atletiekbyeenkomste met goud weggestap.

Sandra het tydens die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Germiston op 22 en 23 Maart in die 800 meter en in die 1 500 meter vir dogters o.13 eerste plekke verower. Die vorige jaar het sy tydens die SA’s in die Wes-Kaap ‘n derde plek in die 1 200 meter vir o.12’s behaal.

Sandra geniet dit reeds van haar kleuterskooldae af om te hardloop maar het eers ernstig begin oefen toe sy in Graad 2 was.

Die langafstandatleet oefen minstens sewe keer ‘n week wat kompetisies op Saterdae insluit.

Sy het ook baie lof vir haar afrigter, Hein Mare, wat haar baie ondersteun.

Hy bring net die beste in atlete na vore,” het Sandra gesê.

In Oktober vanjaar gaan die o.13-Gautengspan in Oos-Londen met ander provinsies meeding. Sandra is natuurlik ‘n sterk aanspraakmaker om span te haal.

Sy verkies die 800 meter-item.

Volgens haar hou sy van atletiek omdat dit haar fiks hou. Sy het gesê,

Dit is goed vir my gesondheid maar die belangrikste is ek geniet dit.” Haar rolmodel is die Here.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version