Local newsNewsSchools

Rammies wys hul entrepreneurs-kant

'Ons gaan met trots ‘n hele paar besigheidsvroue- en manne in die toekoms oplewer.'

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs toekomstige entrepreneurs bekendgestel.

Volgens skoolwoordvoerder Annie Nolan is daar op Woensdag 26 Augustus ‘n markdag vir Graad 7-leerlinge gehou as deel van hul Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-leerplan.

Die Department van Onderwys vereis dat alle Graad 7’s teen die einde van die derde kwartaal ‘n markdag moet hou. Elke leerling moes ‘n produk of diens kies, dit beplan, bemark en uitvoer,” het Annie gesê.

Die stalletjies het gesorg vir groot vermaak en genot onder die leerlinge en onderwysers. Daar was kos, lekkers en speletjies.

So word leerlinge allerhande soos kommunikasie, spanwerk, bemarking, beplanning, begroting en bestuur, en besigheidsvaardighede geleer.

“Die gees het hoog geloop. Ouers, oumas, oupas, onderwysers, leerlinge en selfs dierevriende het in die pret gedeel. Ons gaan met trots ‘n hele paar besigheidsvroue en -manne oplewer,” het Annie vertel.

Related Articles

Back to top button