Merke, gereed, kook!

‘Daar is beslis 'n toekomstige meesterkok onder die Graad 7's.'

Daar hoef beslis nie te vêr gesoek te word na Suid-Afrika se volgende Masterchef nie.

Vra net vir Laerskool Randfontein (Ram) se Graad 7-leerlinge. Die klompie leerlinge het onlangs gekap, geklits en geroer terwyl hulle kos voorberei het tydens hulle interne meesterkok-kompetisie.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder het die organiseerder, Janie Fourie dit goed gedink om die resepleesvermoë van Ram se Graad 7’s in Afrikaans te toets.

Die leerlinge het hul ouers se blinkste eetgerei en mooiste borde saamgebring en fantastiese tafels gedek. Hul geregte is keurig voorberei en aan die beoordelaars voorgesit. Hulle het aan die verskillende disse geproe en smaaklik gesmul. Die disse is volgens ‘n rubriek geassesseer vir smaak, voorkoms en kreatiwiteit.”

Die wenners is:

• 1ste plek – Odé du Plessis en Tyllin Barnard

• 2de plek – Wiljanik Beneke en Michaela Lubbe

• 3de plek – Luecinda Voster en Bianca van Staden

• Beste hoofgereg – Christiaan James

• Beste voorgereg – Gulio van Deventer

• Beste nagereg – Dominic Moore

Dis voorwaar ‘n belewenis om die leerlinge se kreatiwiteit op hierdie vlak te sien. Daar is beslis ‘n toekomstige meesterkok onder die Graad 7’s,” het Annie gesê.

Exit mobile version