Rappies se Picasso

Graad vyf leerling rek die oë met sy kunstalent.

Laerskool Rapportryer se Francois Viljoen is met die bekende Spaanse skilder Pablo Picasso vergelyk.

Francois het tydens die Santam Kinderkuns-kompetisie in die ouderdomsgroep van 11 tot 12 deelgeneem. Hierdie jaar het Santam oor die 3 500 inskrywings ontvang. Francois se kunswerk, “My plek van my hart” was gekies om in die uitstalling te verskyn. Hy het ook ‘n sertifikaat en medalje ontvang.

Die kunswerke gaan op Santam se webtuiste gedurende die eerste kwartaal van 2016 verskyn.

Die skool asook in besonder die kunsonderwyseres, Magriet Botha, is baie trots op hom.

Maar dit is ook nie sy enigste talent nie. Francois is ‘n seun van vele talente, hy het verder ook in Mei aan die Individuele Skaak-kompetisie deelgeneem waar hy sy D2-kleure verwerf het.

Exit mobile version