CrimeLocal newsNewsBreaking News

Skok-misdaadsyfers onthul

Twee dood, talle beseer in onlangse skietvoorvaal by winkelsentrum aan die Wes-Rand.

Is misdaad buite die regering se beheer?

Ten minste twee mense is dood en talle beseer in die mees onlangse skietvoorval en glo gewapende rooftog by Clearwater Winkelsentrum in Roodepoort aan die Wes-Rand op Dinsdag oggend.

Alhoewel AfriForum se adjunk uitvoerende hoof Cornelius Jansen van Rensburg nie spesifiek op die voorval kommentaar gelewer het nie is hy van die standpunt dat misdaad oor die algemeen ‘n epidemie in die land is omdat die regering sy plig om wet en orde te handhaaf, versuim.

Suid-Afrika het ‘n mensgemaakte rampgebied geword, ‘n plek waar misdadigers vry kan rondbeweeg en waar ons gyselaars in ons eie huise is.”

Van Rensburg het tydens die bekendstelling van hul Nasionale Veiligheidsplan by die organisasie se nasionale kongres in Klein-Kariba die volgende skoksyfers onthul:

• 395 000 moorde in Suid-Afrika sedert 1994;
• 730 070 seksuele misdrywe sedert 2004;
• 2 331 897 gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer sedert 2004;
• 1 286 882 gevalle van roof met verswarende omstandighede sedert 2004;
• 136 953 voertuigkapings sedert 2004.

Dr. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het tydens die bekendstelling gesê dat misdaad nie deur die regering gekeer kan word nie en het met verwysing na die misdaadsyfers van die afgelope 20 jaar gesê Suid-Afrika is in ‘n lae-intensiteit-burgeroorlog gewikkel.

“Met een uit elke 100 polisiebeamptes in Suid-Afrika wat ‘n kriminele rekord het, bestaan daar min rede om vertroue in die SAPD te hê.

Onder die leierskap van genl. Riah Phiyega het die misdaadsituasie in die land versleg. Sowat 700 huisbrake word elke dag aangemeld, en sowat 100 gevalle van trio-misdade, wat ernstige en geweldsmisdade is.

“Waar daar in 1994 sowat 25 per sent van hierdie soort misdade was, het dit tot meer as 40 per sent toegeneem. Die slotsom is dat misdade ál meer gewelddadig, gefokus en spesifiek geword het,” het Cronjé gesê.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het AfriForum meer as twee jaar geneem om dié veiligheidsplan te ontwikkel.

Die veiligheidsplan maak dit moontlik vir landsburgers om hulself op ‘n verantwoordelike en wettige manier te beveilig.”

Die volgende fokuspunte is by die plan ingesluit:

Infrastruktuur

• Patrollies
• Reaksie
• Insidentbeheer
• Radionetwerke
• Beheerkamers

Opleiding

• Basiese patrollieopleiding
• Wetlike aspekte
• Toneelhantering
• Gespesialiseerde opleiding vir reaksiespanne
• Noodhulp
• Radiokommunikasieopleiding

Jansen van Rensburg meen pleidooie aan die regering werp nie vrugte af nie.

“Politici en regeringsamptenare maak hulself skuldig aan misdaad en korrupsie, terwyl gewone mense bloei.

Ons mag dit nie verder duld nie. Ons moet iets doen. AfriForum se Nasionale Veiligheidsplan bied die nodige infrastruktuur en opleiding aan gemeenskappe wat hulself teen misdaad wil beskerm.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button