Local newsNews

NG Kerk padkafee – niks so lekker!

'Dit is die tweede funksie wat ons aanpak vir die jaar, en dié keer was geen teleurstelling nie'

Dit was ‘n smul-lekker affêre by NG Kerk Randfontein-Noord op Vrydag toe die jaarlikse Padkafee gehou is.

Jeanne Fourie, ‘n dominees se vrou en werknemer by die kerk het gesê,

Dit is die tweede funksie wat ons aanpak vir die jaar, en dié keer was geen teleurstelling nie, aangesien die drywers heen en weer gery het om bestellings by skole en besighede af te lewer. Die Padkafee het daarby ‘n “Mr Delivery” en selfs die dominees het drywers gespeel vir die dag.”

Lena Reyneke is die organiseerder vir die funksie, en al die fondse gaan na die kerk se talle uitreikprojekte toe. Hul reik onder andere uit na vier kleuterskole in informele nedersettings.

Die kerk is ook besig om fondse vir die opleiding van onderwysers in die area in te vorder. Daar was verskeie werkgroepe by die Padkafee, een groep het die bestellings hanteer, die ander groep het dit in areas gerangskik, die drywers en natuurlik die persone wat die kos voorberei het.

Antoinette Morgenrood, 90 jaar oud, het die Donderdag die hele dag die rou vleis voorberei, en het selfs vir twee ure Vrydag vir die padkafee gewerk. Ander persone wat gehelp het was meestal lidmate, en ook sommige inwoners.

Op die spyskaart was daar heerlike sappige hamburgers, jafels, die tradisionele kerrie en rys, poeding en natuurlik pannekoek. Die funksie was ‘n groot sukses en ‘n baie lekker manier om die komende lente in te gaan.

Related Articles

Back to top button