Local newsNewsSchool sportSport

Twanette verower Indië met ringbal

''n Speler moet uiters fiks wees'

Twanette Thoms, ‘n Hoërskool Riebeeckrand leerling, is ‘n top ringbalspeler en het vanjaar in Januarie as deel van die Suid-Afrikaanse ringbalspan in Indië gaan kompeteer.

Twanette speel al vir agt jaar ringbal en was sy gekies om in die Presidentspan te speel, en daarna om vir die Uitnodigingspan te speel.

Sy het daarna die groot eer gehad om deel te vorm van die Suid-Afrikaanse ringbalspan. Altesaam vier spanne het na Indië vetrek; die Suid-Afrikaanse Senior, Suid-Afrikaanse Junior mans en vroue.

Twanette se span het bestaan uit ouderdomme 15 tot 17, aangesien spelers op hierdie ouderdom kwalifiseer vir Suid-Afrikaanse proewe. Die vier spanne het ‘n week in Indië se stede Deli en Rudrapur vertoef, waar hulle twee wedstyde gespeel het. Hulle het al hul wedstryde gewen en vier trofeë teruggebring.

Op die oomblik speel hulle proewe vir die Gautengspan en in Oktober word die nuwe Suid-Afrikaanse span gekies, waar dié wat suksesvol is, hul nasionale kleure sal verwerf.

Die span beplan om daarna in Ausralië, Nieu Seeland, Mauritius en Namibië teen ander spanne te gaan kompeteer. Twanette sê oor dié sport,

Dit is ‘n familie sport en die atmosfeer is wonderlik en so ook die mense saam met wie ek speel.

Twanette het verduidelik dat ‘n speler uiters fiks moet wees, en sou hul ‘n oefensessie mis, hul dadelik ‘n agterstand het.

Related Articles

Back to top button