Rierand se Top 10 ringbaldogters

Die ringbaldogters gaan Gauteng Suid-Wes verteenwoordig in die SA ringbaltoernooi in Oktober.

Tien van Rierand se top ringbaldogters is gekies om aan die SA ringbaltoernooi in Oktober deel te neem.

Die toernooi sal plaasvind tydens die Oktober vakansie in Margate. Die dogters gaan tydens die toernooi die GWS (Gauteng Suid-Wes) verteenwoordig.
Riebeeck is baie trots dat daar van beide juniors en seniors gekies is om hulle in hul eie ouderdomsgroep te verteenwoordig.

Die dogters is: Marileé van der Walt (o.17), Charnell Oberholzer (o.17), Zani Henery (o.17), Cherise Nieuwoudt (o.17), Twanette Thoms (o.17), Tiffany Dreyer (o.17), Christè Steyn (o.15), Amone Erasmus (o.15), Sharne Landman (o.15) en Melouise Mulder (o.15).

Op die foto: Die 0/15-dogters van links na regs : Christè Steyn, Amone Erasmus, Sharne Landman en Melouise Mulder.

 

Exit mobile version