Rierand se vyfster hotel

Leerlinge van hotelskool wys 'n laaste keer wat in hulle steek.

Hoërskool Riebeeckrand se matrieks het onlangs hul eindeksamen in Gasvryheidstudies afgelê waar ‘n driegangmaaltyd vir onderwysers voorberei is.

Volgens Elzeri Wright, woordvoerder van die skool was dit die skool se laaste hotelfunksie aangesien Gasvryheidstudies volgende jaar na Verbruikerstudies gaan verander.

Die vak sal ook vir universiteitstoelating tel.

Vir dié rede het leerlinge van die hotelskool ‘n laaste keer gewys wat in hulle steek.”

Die matrieks was gekleed in hulle volle kelner- en kelnerinuitrustings. Eregaste vir die aand sluit in Annelize van den Berg, huidige skoolhoof van Rierand en Salomon Strydom, skoolhoof van die skool gedurende die tydperk 1990 tot 1993. Die restaurant se hoofkelners was Aldre Koekemoer en Darischa Roodt.

Daar was selfs kroegmanne, Riaan Barnard en Freek Henn wat verfrissende nie-alkoholiese drankies bedien het.

Dit was ‘n senuagtige eksamen vir die matrieks maar leerlinge het hul goed van hul taak gekwyt en was op die ou einde ‘n reuse sukses,” het Elzeri bygevoeg.

Exit mobile version