Verdagte sny inwoner se oor met mes

Die eienaar se polshorlosie was in die verdagte se besit gevind.

Op 21 Augustus omstreeks 5.51 nm het EPR Wesrand-sekuriteitsgroep in Darter straat drie verdagtes vasgekeer en een van die drie verdagtes gearresteer.

EPR Wesrand het ‘n panieksein van 6 Darter straat die aand ontvang waar Reaksie Offisier Marius Strydom op aankoms by die perseel, ‘n verdagte gesien het wat om die hoek loer.

Die verdagte het daarna vir die ander mede misdadigers geskreeu om te vlug waar hulle agter oor die muur gespring het. Strydom het om die huis gery en daarna drie verdagtes vasgevang in die erf waarna hy daarin geslaag het om een verdagte te arresteer. Die ander twee verdagtes het weggekom.

Die eienaar van die perseel het die verdagtes in sy erf gesien en hulle probeer verwilder. Die eienaar se polshorlosie was ook in die verdagte se besit gevind. Die kliënt en sy vrou was in die huis toe verdagtes instorm en hom met ‘n mes op sy oor sny. Die beskrywing van die man deur die eienaars is die presiese beskrywing van die verdagte wat gearresteer is.

Die Randfontein Polisie het glo ‘n opvolg ondersoek gedoen en nog verdagtes gearresteer.

Kaptein Appel Ernst, woordvoerder van die Randfontein Polisie se kommentaar word nog verwag.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version