Sekuriteitsmaatskappy probeer vuur blus

'Ons het telke male 'n ongeskikte werknemer op die lyn gekry.'

Op 16 Augustus was dit twee lede van die sekuriteitsmaatskappy Special Operations Solutions (SOS) wat hulp verleen het tydens ‘n brand in Tarentaalstraat eerder as die brandweerdienste.

Die Herald het onlangs oor ‘n insident berig waar die Randfontein Brandweerstasie glo meer as ‘n uur geneem het om op te daag. Die lapa van die huis het aan die brand geslaan terwyl die familie nog in die huis was.

Die Herald het onlangs verneem dat Cindy Forbes en Dawie Kruger van SOS spoedig op die toneel was en die situasie onder beheer probeer kry het.

Chantel Calitz van SOS sê,

Ons was drie SOS-lede wat ook self die brandweer ‘n paar keer probeer kontak het. Ek, Dominique en Cindy (wat op die toneel was), het elkeen die brandweer ‘n paar keer gekontak.”

Sy verduidelik verder, “Ons het telke male ‘n ongeskikte werknemer op die lyn gekry wat vir ons sê ‘They already left’. Intussen wag almal in spanning terwyl die lapa verder afbrand.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Brandweerdienste sloer toe lapa afbrand

BREAKING NEWS: Droogeheuwel destroyed by fire

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version