CrimeLocal newsNewsBreaking News

Nutsman verloor alles

'Dit het my so lank gevat om alles tot hier op te bou' – Van Niekerk.

Gerhard van Niekerk, ‘n plaaslike nutsman, se wit Toyota Hilux 2.4 is op Woensdag 19 Augustus helder oor dag uit Village Square Sentrum se parkeerterrein gesteel. Hy het vertel sy hele lewe was daarin.

Van Niekerk het met rooi oë vir die Herald van die gebeure daardie dag vertel, wat hom slaaplose nagte gee. Die bakkie en toerusting daarin was sy brood en botter. Die waarde van die toerusting alleen is R8 000.

Hy het verduidelik dat hy en sy vrou ongeveer 12.30nm Village Square toe is om haar selfoon te laat herstel. Sy vrou het hom toe gevra om hulle bankkaart in die bakkie te gaan haal. Daarna is hy Capitec Bank toe en hulle het middagete gaan eet.

Toe hulle na ongeveer twee uur uit die sentrum stap, het hulle met skok besef sy bakkie is weg.

Hy is dadelik na die sentrum se sekuriteitskantoor toe om na ‘n kring-TV-opname te kyk. Die opname wys ‘n man met ‘n swart denim wat by Van Niekerk se bakkie se deur vroetel. Die man het telkens van die bakkie af na ‘n wit Toyota Corolla gestap wat naby Van Niekerk se bakkie gestaan het.

Daarna het hy die deur en selfs die enjinkap oopgemaak. Van Niekerk het ook besef dat ‘n man wat op sy selfoon gepraat het, hom en sy vrou die hele tyd in die sentrum agtervolg het. Kort nadat die ander bestuurder Van Niekerk se bakkie aangeskakel het, het die agtervolger in ‘n ligblou Toyota Camry geklim. Daarna het Van Niekerk se bakkie, die Corolla en die Camry reg agter mekaar in die rigting van Westonaria gery.

_634481042
Van Niekerk met die afskrif van die kring-TV-opname.

Vir Van Niekerk is dit duidelik dat dit ‘n sindikaat is. Die drie mans het definitief saamgewerk. Hy het die saak by die Randfontein Polisie aangemeld maar sy bakkie se registrasienommer is eers net na 9nm tussen polisiestasies gesirkuleer. Van Niekerk het sy bakkie, gereedskap, sy werkgewer se GPS, bankkaarte, ID-boekie, persele waar hy werk se sleutels, sy perseel se sleutels asook sy huis se sleutels alles in die diefstal verloor.

Dit het my so lank gevat om alles tot hier op te bou. Alle is vervangbaar, maar van die gereedskap wat in die bakkie was, was vir my van groot sentimentele waarde. My pa wat verlede jaar Oktober oorlede is, het die gereedskap vir my gegee.

“Nadat my bakkie gesteel is, kan ek nie slaap nie, ek loer aanhoudend oor my skouer. Ek is bang en ek weet daar is ‘n kans dat die misdadigers na my huis toe kan kom, omdat my besigheidskaartjies met my adres daarop ook in die bakkie was,” het ‘n bekommerde Van Niekerk vertel.

Hy het gesê hy sal eers weer slaap as die kriminele gevang is. Hy is vasbeslote om hulle vas te trek en ondersoek elke leidraad. Hy gaan die gesig van die man wat hulle in die sentrum agtervolg het, op die opname probeer vergroot sodat hy geïdentifiseer kan word.

Van Niekerk se bakkieregistrasienommer is JRM580GP. As iemand die bakkie gewaar, meld dit asseblief by die Randfontein Polisie aan.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button