Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rieranders kook in boogskiet

Die kompetisie was straf, maar dit het Riebeeck nie onder gekry nie.

Riebeeckrand se skuts het op 1 Augustus aan die Gauteng Provinsiale Boogskietkampioenskappe deelgeneem.

Die kampioenskappe het op hul eie velde plaasgevind. Die kompetisie was straf, maar dit het nie Rierand se boogskutters ondergekry nie.

Elzeri Wright, Rierand-woordvoerder het vertel daar was vyf senior spanne wat deelgeneem het en Rierand het met die eerste plek weggestap.

Die volgende boogskutters van Hoërskool Riebeeckrand het plekke behaal:

• Seuns: Christiaan Pretorius het ‘n tweede plek behaal, Juan Erasmus ‘n agtste plek, Dylan Erasmus ‘n negende plek en Francois Martins ‘n tiende plek

• Dogters: Janéll Rossouw het ‘n derde plek behaal, Christie Claase ‘n sesde plek en Megan Robins ‘n agtste plek

Related Articles

Back to top button