Raakvatters skep kuns uit afvalmateriaal

'Die mooiste fotorame en ornamente is gemaak.'

Laerskool Rapportryer se groep Raakvatters (Gr 4 tot 7 leerlinge) is vroeg in Augustus geleer hoe om kunswerke uit afvalmateriaal te maak.

Daar is gesê die groep Raakvatters is gereeld met buitemuurse aktiwiteite betrokke.

Aktiwiteite sluit in onder andere opvoedkundige praatjies deur sprekers. uitstappies, handwerk en arbeid soos byvoorbeeld, tuin te maak of indringerplante uit te roei, ontspanning en spanspeletjies, groepwerk, daguitstappies en kampe.

Raakvatters is ook geleer dat afvalmateriaal nie altyd weggegooi moet word nie.

Die mooiste fotorame en ornamente is gemaak uit gebruikte ontbytgraanbokse, gedroogte ertjies, tinfoelie en skoenpolitoer.

Leerlinge is gemotiveer om gereeld rondom hulle te kyk en om produkte eerder te herwin as om alles net voor die voet ashoop toe te stuur.

Rappies-leerlinge wil beslis ‘n verskil in die wêreld maak.

Wihan Martins,Graad 7, sy keuse was om ‘n kruis te maak.
Exit mobile version