Jannas-talentaand slaan asems weg

'Die geleentheid is beslis ‘n hoogtepunt op die kalender.'

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se leerlinge het hul dramatalent tydens die skool se jaarlikse talentaand ten toon gestel.

Die talentaand het Vrydag (7 Augustus) plaasgevind.

“Almal het baie hard geoefen om te verseker die geleentheid ‘n sukses is,” sê Magdie de Winnaar, organiseerder van die aand.

Volens de Winnaar was die saal vol gaste en leerlinge het hulle vermaak met talente soos klavier en kitaarspel, sang en dans, en natuurlik poësie. De Winnaar sê dat elke leerling die toeskouers se asem weggeslaan het.

Mario Gomes Hip Hop Dance Academy (MGHDA) se Flawless-dansgroep het as gaste opgetree.

Die geleentheid is beslis ‘n hoogtepunt op die kalender en sal verseker vir nog lank onthou word,” het de Winnaar bygevoeg.

Exit mobile version