Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Meer as 130 woon Ram-gholfdag by

Van hulle was veteraangholferspelers en ander het nog probeer uitvind hoe om 'n gholfstok te gebruik.

Laerskool Randfontein (Ram) se 2015-leiers het ‘n aangename en suksesvolle gholfdag aangebied om fondse in te samel.

Van Randfontein se bekendste sakemanne het die gholfdag bygewoon. Onder hulle was veteraangholfspelers en ander wat nog probeer uitvind hoe om ‘n gholfstok te gebruik.

Een van die veteraangholferspelers was Jose Nascimento van Blue Bottle Liquors wat sy nuwe gholfstokke uitgetoets het. Lucas Smith, ‘n aanklaer by die landdroshof het ook in sy gholfskoene ‘n paar balle geslaan.

Alfred Ntombela, ook bekend as Shorty in Leon Schuster se flieks het ook aan die gholfdag deelgeneem. Hy het in Boz Sekuriteit se helikopter daar aangekom. Boz was ook die hoofborg van die dag.

Ram se hoof, Leon Haupt, het die Herald vermy omdat hulle foto’s wou neem van sy afslaan nadat hy jare lank nie gholf gespeel het nie.

In totaal het 136 spelers deelgeneem en elke speler het ‘n prys ontvang.

Kliek hier vir nog foto’s.

Related Articles

Back to top button