Jonges op sypaadjie gedreig en beroof

'Give me the phone, or I am going to kill you' – gewapende rower.

Die Randfontein Polisie ondersoek ‘n saak van motordiefstal nadat vier gewapende mans vier jong mense van hul besittings en voertuig beroof het.

In die voorval wat omstreeks 8nm op Vrydag 7 Augustus plaasgevind het, het die jong mense vir hul lewens gevrees.

Linette Davis en haar vriende, Stella Pietersen, Johan Potgieter en Antonie van Wyk was op pad om te gaan fliek toe hulle voor Linette se huis in Cranestraat in Van Wyk se wit Audi A3 wou klim. Kort daarna het ‘n bruin Audi A3 agter hulle in die straat stilgehou waaruit vier gewapende mans, sonder maskers, gespring het en hulle uit die voertuig gedwing het.

Hulle het geëis dat hulle al hul besittings moes oorhandig.

Toe een van die meisies probeer het om haar selfoon weg te steek, het een van die verdagtes glo vir haar gesê, “Give me the phone, or I am going to kill you.”

Davis het die verdagtes gesmeek dat hulle net hul ID-boekies en rybewyse kon hou, maar die rowers het geweier. Hulle het onder andere die meisies se handsakke, almal se fone en geld geneem.

Daarna het twee van die vermeende rowers in Van Wyk se Audi geklim en die ander twee is terug na hul voertuig toe. Na ‘n gesukkel om Van Wyk se Audi aan die gang te kry, het hulle eers in die hek vasgery en toe weggejaag. Die ander voertuig met die ander twee verdagtes is ook daar weg. Die hele rooftog het minder as vyf minute geduur.

Robbie Davis het vir sy suster en haar vriende die hek van binne af oopgemaak. Gelukkig was hul ouers Robert en Nadine ook tuis. Nadine, wat in Mapogo Sekuriteit se beheerkamer werk, het hulle dadelik geskakel.

Mapogo Sekuriteit was soos blits op die toneel. Hulle het seker gemaak dat almal veilig is en het daarna die wit Audi A3 in Ravenstraat gewaar maar die verdagtes in die gesteelde Audi het weggekom.

Nadine het moedeloos aan die Herald gesê,

Kinders kan dit nie eers meer waag om in die aand te gaan fliek nie.”

Kaptein Appel Ernst, woordvoerder vir die Randfontein Polisie het bevestig ‘n saak van motordiefstal is aangemeld.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Paartjie kort na beurtkrag aangeval

Middeljarige vrou vir R100 aangeval

Son murdered, father attacked

Family attacked in home

Elderly man attacked by gunmen

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version