Begraafplaas onversorg en gevaarlik

'Die mangat hou groot gevaar in vir dié wat die begraafplaas besoek.'

Ellik de Lange, DA-raadslid vir Wyk 5 het sy ontevredenheid oor die toestand van die Greenhills-begraafplaas uitgespreek.

De Lange het op 6 Augustus sy familie se grafte gaan besoek en afgekom op ‘n graf wat inval. Dit is ook nie net sy familielid se graf nie, maar ook talle in die direkte omgewing.

Hy het daarna self die graf met sand opgevul. Die onkruid wat hoog staan en die lang gras is vir hom ‘n teer punt.

Volgens De Lange bestaan dié probleem al ‘n geruime tyd. Dit word aangemeld maar niks word glo daaromtrent gedoen nie.

‘n Ander bekommernis is die mangat naby die grafte. Dit staan oop en is ‘n groot gevaar vir die gemeenskap.

Die mangat se deksel is lank terug gesteel, en ‘n werker by die begraafplaas het vertel, “Hulle het ‘n deksel vir die mangat gebring, maar hy was te klein. Daarna het hulle nooit teruggekom; dit was ses maande terug.”

Die werker het ook verduidelik dat hulle nie op die oomblik ‘n kontrak het vir die instandhouding van die begraafplaas nie.

In sy gesprek met die Herald, verwys De Lange telkemaal na begraafplase in omliggende dorpe, waar dit ‘n aangename ondervinding is om eer aan afgestorwenes te gaan betoon.

Peter Dick, DA raadslid vir Wyk 9 het gesê,

Die begraafplaas het nie op die oomblik ‘n subkontrakteur vir instandhouding nie, maar daar word aandag daaraan gegee en sodra dit in plek is sal die begraafplaas weer behoorlik in stand gehou word.

“Aangesien die mangatdeksels gedurig gesteel word, word plastiekdeksels nou vervaardig. Dié tipe deksel sal aan die begraafplaas verskaf word.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Wária begrafplaas in skokkende toestand

R’fontein cemetery in shocking state

Chaos at Greenhills cemetery

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version