En Rierand se Top 10 is …

'Dit is vir Rierand belangrik om erkenning aan leerlinge te gee.'

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs al die grade se Top 10 akademiese presteerders aangekondig.

Volgens die skool se woordvoerder, Elzeri Wright,

Is dit vir Hoërskool Riebeeckrand belangrik om erkenning aan ons leerlinge te gee vir al hul harde werk en prestasies.”

Elke Top 10-lid se ouers was genooi om die saalopening by te woon en saam met hul kinders hul prestasie in die hotelskool te vier.

‘n Gemiddelde persentasie is bereken van die graad 8 en 9 leerlinge se nege verpligte vakke vir kwartaal een en twee.

Die afsnypunt by die Juniors is 79,5 persent. Die Graad 10, 11 en 12 leerlinge se kriteria is ietwat anders as die Juniors s’n. ‘n Roupunt-totaal van al sewe vakke (vier verpligte vakke en drie beste vakke) is bereken vir kwartaal een en twee. Die afsnypunt by die Seniors is 1 820 punte.

Rierand spog graag met die volgende grade se top 10-leerlinge:

Exit mobile version