Daar is niks soos ware liefde

Randfontein-paartjie reeds 50 jaar getroud.

‘n Randfontein-paartjie is reeds 50 jaar getroud en het hul storie en die geheim vir ‘n lang en gelukkige huwelik gedeel.

Hendriette en Basie Neethling ken mekaar al 53 jaar lank en is 50 jaar getroud. Hendriette het vir die Herald hul storie vertel.

Ek en my ouers het destyds pas Randfontein toe getrek toe sien ek vir Basie eendag buite my huis. Toe ek hom sien, het ek geweet. Ek was maar 14 jaar oud,” het sy gesê.

Basie het vertel hy het Hendriette een aand saam met sy vriende fliek toe genooi. Op die ou end, sê hy, het sy hom so beïndruk dat hy alleen opgedaag het sodat dit net hulle twee kon wees.

Jy moet eers my ma vra of ek kan gaan,” het Hendriette gewaarsku.

Hy het ernstig oor haar gevoel en besluit om dit te waag om haar ma te vra, wat net een voorwaarde gehad het, “Julle kom direk na die fliek huis toe.”

Alhoewel hy haar ma se voorwaarde wou respekteer, het Hendriette ‘n ander plan gehad.

Ek het gedink ons gaan direk fliek toe maar toe laat sy my afdraai; ons het uiteindelik by ‘n gebou uitgekom wat soos ‘n winkelsentrum lyk. Toe ons instap het ek besef ons is by ‘n kerkdiens en dit is waar ons die eerste keer vlerkgesleep het.”

Na die diens is hulle fliek toe en huis toe. Drie jaar na hul ontmoeting is die twee getroud. Volgens Hendriette het haar trouring ‘n skamele R12 gekos, wat daardie tyd ‘n hele week se salaris was, het Basie gesê.

Die paartjie in hul 20s.

“‘n Ring wat hy laterjare vir my gekoop het was maar R72. Ek was gelukkig genoeg om toe my eie ring te kon kies.”

Hulle het twee kinders en spog met drie kleinkinders. Maar wat is die geheim vir so ‘n lang huwelik?

Die hoeksteen is God,” het Hendriette aan die Herald verduidelik.

“Dit is wat ons deur vyf dekades gedra het.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version