Straatligte brand helder oor dag

Hoeveel kos dit die gemeenskap? – inwoner

Gert Roos, inwoner van Loumarina het die Herald gaan wys hoe die straatligte in die gebied die hele dag brand.

Roos verduidelik dat hy al oor ‘n geruime tyd in die gebied die verskynsel gewaar.

In Wheatlands, Loumarina en Botha plotte is daar glo alleenlik 162 straatligte wat onnodig brand.

Spesifieke strate is Alida en Langweg in Loumarina. Roos se bekommernis is hoeveel die brandende straatligte die gemeenskap kos.

Roos het die kwessie bevraagteken met ‘n Raadslid, en hy was verseker dat die straatligte wel daglig skakelaars het.

DA Raadslid van Wyk 3, Alwyn van Tonder sê,

Die groot probleem kom in waar die gebied beurtkrag ondervind. Die ligte hardloop op ‘n spesifieke tydstelsel.”

Hy verduidelik verder “As beurtkrag plaasvind, verloor die skakelaars tyd en dit veroorsaak dat die straatligte nie op die korrekte tye aan of af gaan nie. Ongelukkig is dit ‘n direkte nagevolg van beurtrag wat ons gebied onlangs ook baie tref. Na elke beurtkrag gaan dit baie moeilik wees om al die strate se skakelaars weer op die regte tyd te stel.”

Daar word glo wel probeer om die stelsels op tyd te hou, maar met die vele strate wat die probleem beleef, en die aantal beurtkrag wat die area beleef is die taak nie ‘n maklike een nie.

Van Tonder het bygevoeg “Van die spesifieke strate byvoorbeeld Elizabeth straat se ligte is energiesparend en die probleem sal uitgeskakel word sodra beurtkrag iets van die verlede word.”

Exit mobile version