Jannas-hokkiespan kraai koning in liga

'Hierdie span sal nog vir ‘n lang tyd onthou word'.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se seunshokkiespan het vanjaar vir die eerste keer in die skool se geskiedenis dit vermag om die liga te wen.

In die liga het die seuns agt van hul nege kragmetings gewen. Die span het in totaal 36 doele aangeteken en slegs ses afgestaan.

Die seunshokkiespan is die beste wat Jan Viljoen nog ooit gehad het,” het Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas gesê.

Gedurende die groepfase in die liga het die seuns ‘n spogoorwinning van 2-0 oor hul aartsvyand Rierand geniet asook wegholseges van 8-0 en 9-0 teen ander vermag.

“Dit wys duidelik hoe gevaarlik hierdie span is. Hulle span sal nog vir ‘n lang tyd onthou word,” het Tamaryn bygevoeg.

Na ‘n suksesvolle liga het die span die voorreg gehad om vir die Noordvaal-hokkiekompetisie te kwalifiseer waar verskillende distrikte in die provinsie kragte meet, maar het ongelukkig in die eerste rondte uitgeval.

Exit mobile version