Local newsLocal sportNewsSport

120 blinde rolbalspelers bederf

Rotaryklub in Westonaria reik uit na Fochville Rolbalklub.

Die Rotaryklub in Westonaria se lede het Sondag potjiekos aan ten minste 120 blinde rolbalspelers van die Fochville Rolbalklub bedien.

Behalwe die smaaklike potjiekos is rolbalspelers en hul helpers ook met tee en verversings bederf. Dit is die negentiende jaar wat Rotary Westonaria dit onderneem het.

Volgens Kobus Kotze, president van die klub was, “Die dag ‘n groot sukses en die rolbalspelers het dit terdeë geniet.

Ek bedank graag President Hyper Fochville vir hulle gedeeltelike bydra met kruideniersware om die dag moontlik te kon maak.”

Related Articles

Back to top button