Sy gunsteling dinge was “braai, bier en bike…” – verloofde

Slagoffer van Lazaarlaan-ongeluk geïdentifiseer.

Die slagoffer van ‘n motorfietsongeluk in Lazaarlaan toe ‘n taxi na bewering ‘n onwettige U-draai gemaak het, is as George van Rhyn geïdentifiseer.

Van Rhyn, 35, leier van die Wheels in the Skye Motorfietsklub het Sondagmiddag 26 Julie – ‘n dag na die ongeluk – aan sy ernstige beserings beswyk. Omstanders en nooddienste op die toneel het Saterdag alles in hul vermoë gedoen om Van Rhyn se lewe te red.

Angelene Geldenhuys aan wie Van Rhyn langer as vier jaar verloof was, het verduidelik dat hy sy linkerbeen en sleutelbeen gebreek het en ook inwendig gebloei het. Hulle sou in Oktober trou.

Sy het Van Rhyn as ‘n man met ‘n groot hart beskryf. Hy was ‘n dieselwerktuigkundige wie se gunsteling dinge “braai, bier en bikes” was.

Geldenhuys het verduidelik sy het op die dag van die ongeluk voor Van Rhyn gery. Hulle was op pad huis toe.

Hy het nie vêr agter my gery nie maar toe hy 20 minute later nog nie by die huis was nie, het ek op dieselfde pad teruggejaag om hom te soek. Ek het toe op die ongeluk afgekom.”

Geldenhuys voel baie bitter teenoor die taxibestuurder, en voel taxibestuurders ry en doen net wat hulle wil terwyl hulle mense se lewens in gevaar stel.

George van Rhyn se motorfiets na die ongeluk.

Van Rhyn word oorleef deur sy ma, suster, broer en verloofde. Geldenhuys bedank die volgende mense vir hul hulp en bystand:

Naas Wepener van Red Code First Aid, wat eerste op die toneel was en sy lewe probeer red het

• Die Netcare 911-nooddienspersoneel

• Die motorfietsgemeenskap

• Leratong Hospitaal se personeel

• Almal wat op die ongelukstoneel gehelp het

Sy begrafnisdiens word om 11vm op Donderdag 6 Augustus by die West Rand Bikers Church in Kershawstraat in Dan Pienaarville gehou.

‘n Massarit word dieselfde dag om 10vm vir Van Rhyn gehou. Motorfietryers sal van Martin’s Funerals se perseel in Voortrekkerweg in Krugersdorp na die West Rand Bikers Church ry.

Almal is welkom.

Die taxi wat glo ‘n onwettige U-draai gemaak het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

‘Ek het alles probeer om sy lewe te red’

Accident leaves biker critical

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version