Riebeeck se gallop na sukses

'Al drie ruiters het uitstekend gevaar' – Hoërskool Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand het gedurende die Julie vakansie uitgeblink in die Interskole Perdrykompetisie.

Drie van Hoërskool Riebeeckrand se leerders het gedurende die skoolvakansie aan die Interskole Perdrykompetisie deelgeneem waar al drie die ruiters uitstekend gevaar het.

Christy Duvenage het Gauteng-Wes A-span gekry vir performance vlak 7.

Nicolette Spoelstra het Gauteng-Wes A-span vir performance vlak 5 gekry, asook B-span vir dresseer novice.

Thesandré Greyling het Gauteng-Wes B-span vir dresseer novice en equitation gekry

Riebeeckrand is baie trots op die drie dogters se besondere prestasies.

Exit mobile version