Leerder verower goud in Duitsland vir Judo

'Ons is baie troots op Bianca, sy hou ons naam hoog' – Randfontein Christian Academy

Een van Randfontein Christian Academy se leerders het in Junie aan die Duitsland Sports Kampioenskappe deelgeneem, en ‘n goue medalje verower vir Judo.

Bianca Botes, Graad 11 leerling by die skool, het in Junie na Duitsland vertrek om in die Groep 3 – 4 Judo klas, Suid Afrika te verteenwoordig.

In Julie het sy ook deelgeneem aand die South African Judo Championships in Stellenboch waar sy ‘n silver medalje ontvang het.

Retha Mare, hoof van die skool, sê,

Ons is baie troots op Bianca, sy hou ons naam hoog.”

Die skool bied ook netal, rugyby and Christelike danse aan wat die leerders baie geniet.

Wiehahn Lindeque, ‘n Graad 8 leerder van die Academy sê die atmosfeer by die skool is so rustig, dat hulle nie anders kan as om op alle vlakke uit te blink nie.

Exit mobile version