Local newsNewsSchools

Rierand het ‘n nuwe sportbestuurder

... en rugby is sy spesialissport.

Hoërskool Riebeeckrand spog met ‘n nuwe sportbestuurder.

Dietlov Coetzee het glo reeds jare se ervaring.

Dietlov is amptelik in die derde kwartaal aangestel en sy spesialissport is rugby, hoewel hy ervaring as organiseerder van al die skoolsportdissiplines het.

Dietlov het op skool Cravenweek gespeel en in die jaar 2000 het sy loopbaan ordentlik vlam gevat. Daarna het hy vir Vrystaat se o.19’s uitgedraf en die Goue Leeus se o.21’s – die Green Squad, Griekwas se Vodacom-beker- en Curriebeker-span, die

Vrystaat se amateurspan en die Shimlas verteenwoordig.

In 2006 het hy vir Rugby Club (RC) Orléans in Frankryk gespeel en was in 2007 deel van die Bulls se Super 14-oefengroep. Van 2007 tot 2009 het Dietlov die Luiperds se Vodacom- en Curriebeker-spanne verteenwoordig.

Volgens die skool het Dietlov jare se ervaring as rugbyafrigter en sy spanne het groot prestasies bereik.

Rierand verwelkom vir Dietlov en is opgewonde oor sy insette wat hy in Rierand se sport gaan lewer.

Related Articles

Back to top button