Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas-netbalspeler nader aan Proteas-span

'Ons kan nie wag om haar in die groen en goud te sien nie' — Jannas.

Anja Esterhuizen, ‘n 17-jarige leerling van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is ‘n netbalster om dop te hou. Die moontlikheid dat sy eendag die nasionale span die Proteas sal verteenwoordig, lyk al hoe groter.

Anja het die Transvaalspan verteenwoordig tydens die Afrikaans Volkseie Sport (AVS) se Bokkieweek in Kroonstad en haar skool se naam hoog gehou. Sy is ook as die speler van die toernooi aangewys.

Haar goeie vertoning is beloon met ‘n plek in die Suid-Afrikaanse Bokkiespan. Dié span sal in Oktober Ierland toe toer.

Sy is baie opgewonde vir die geleentheid en sê sy dank God vir al Sy goedheid en guns,” het Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas gesê.

Verlede maand het Anja ook aan die All Ages Toernooi by Hoërskool EG Jansen in Boksburg deelgeneem. Sy is toe gekies om die Gautengse o.17-span te verteenwoordig.

Dié jong netbalspeler is ook as een van die top 35-netbalspelers in die land geïdentifiseer en is verkies tot die SA-oefenspan.

Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op Anja en kan nie wag om haar in die groen en goud te sien nie,” het Tamaryn gesê.

Anja het vertel, “Ek het begin netbal speel toe ek nege jaar oud was. Ek is nou 17. Dukkies Mokaila is my gunsteling netbalspeler. Hy het by die jonger spanne van Jannas met afrigting gehelp asook netbalwedstryde teen die eerstespan gespeel.

“Netbal is ‘n passie van my wat nooit sal sterf nie,” het Anja oor die sport gesê.

Weer punte! Anja Esterhuizen op die aanval in die opponente se gebied. Foto ingestuur.
Weer punte! Anja Esterhuizen op die aanval in die opponente se gebied. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button