Teine wys Union wie’s baas

Randfontein Rugbyklub spog met drie oorwinnings uit vier teen span van Johannesburg.

Union sal volgende keer twee keer dink wanneer hulle weer vir Randfontein Rugbyklub in hul agterplaas aanvat.

Dit nadat dit maar swaar gegaan het met die klub van die suide in Johannesburg in die Greenhills Sportstadion op 18 Julie.

Op die dag was drie van Randfontein Rugbyklub se vier spanne baas met die eerstespan – bekend as Mapogo Teine – wat met die grootste sege van 59-7 gespog het.

Mapogo Teine het reeds in die eerste minuut gewys hy is nie iemand om ligtelik op te neem nie deur eerste te gaan druk. Daarna was dit nag vir Union en om agter die pale te staan het gereeld gebeur…

Mapogo Teine het viral voor gedomineer en was hul vaste fasette net te goed. Boonop was Teine se Tiaan Nel briljant met die bal in hand en het hy met sewe uit sy nege pogings pale toe (vervyfskoppe) geslaag. Hy het ook een drie gedruk en is as die speler van die wedstryd aangewys.

Driedrukkers in die eerste helfte was onder andere Ian Pottas, Rudi Marx (kaptein), Wessel van Staden, Jurie Oosthuysen en Sylvester Engelbreght.

Rustyd telling was 35-7 in Teine se guns.

In die tweede helfte het Ferdi Janse van Rensburg, JD McCarthy, Errard Ensting en Tiaan gaan druk.

Die ander wedstryde se telling was soos volg:

• Teine o.19s 28-0 Union

• Teine o.21s 28-0 Union

• Teine-derdespan 10-38 Union

Exit mobile version