Familiebegraafplaas ook nou ontdek

'n Familiebegraafplaas, huis en ou fort is in Venterspos ontdek.

Die Herald tesame met Gerhard Kruger, Randfontein DA PR-lid het ‘n tweede onversorgde en weggesteekte begraafplaas in Venterspos ontdek.

Dit is die derde weggesteekte begraafplaas waarop die afgelope maand of so afgekom is. Die eerste een is in Kocksoord, die tweede in Venterspos en dan die familiebegraafplaas ook in Venterspos.

Dié nuutste ontdekking in Venterspos is langs ‘n grondpad met ou merkers wat ‘n hoofroete aandui. Vroeërjare was dit glo ‘n hoofpad. Daar is min of meer tien grafte en lyk soos ‘n familiebegraafplaas aangesien daar vier gemerkte grafte met die van Kok daarop is.

Gerhard Kruger vertel wat hy oor die ou huis gehoor het.

Hierdie begraafplaas is nie so oud soos die ander Venterspos-begraafplaas of die Buitefontein-begraafplaas in Kocksoord nie. Die datums op die grafstene strek van die middel tot laat 1900s.

Wat interessant was van hierdie familiebegraafplaas is dat daar twee grafte met dieselfde name, geboortedatums en sterfdatums reg langs mekaar staan. Op die ouerige grafte staan die naam Jacob Jacobus Breytenbach wat op 7 Desember 1869 gebore is en op 7 Mei 1931 oorlede is. Die graf langs hom wat nuwer lyk is gemerk JJ Breytenbach wat ook gebore is op 7 Desember 1869 en op 7 Mei 1931 oorlede is.

‘n Paar kilometer van die familiebegraafplaas is daar ‘n ou huis en ‘n fort. Dit is met klippe en modder gebou. Die begraafplaas behoort glo aan die vorige inwoners van die nou vervalle huis. ‘n Generaal het glo gedurende die Anglo-Boereoorlog in die huis gebly maar dit kon nie bevestig word nie.

Sannie Kruger en Orsiela Kruger het die twee grafte ontdek waarop dieselfde name en datums is.

Toe die Herald en ‘n paar inwoners van Randfontein en Venterspos die ou gebou wou ondersoek het skote in die verte afgegaan. So is die uitstappie toe beëindig.

Enige iemand met meer inligting oor die Buitefontein-begraafplaas of die familiebegraafplase in Venterspos kan die Herald by 011 693 3671 (kantoorure) of 073 596 0753 (na ure) skakel. Gerhard Kruger kan ook gekontak word by 083 233 4234.

Besoek die galery vir nog foto’s.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

VIDEO: Die graf-raaisel ontvou

Hidden graveyard discovered

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version