CrimeLocal newsNewsBreaking News

Vandaal saai verwoesting in familierestaurant

'Personeel was so bang dat hulle weggehardloop het. Van hulle het selfs nie daardie dag teruggekeer nie.'

Op 4 Julie was ‘n bekende familierestaurant in Randfontein ‘n teiken van vandalisme.

Een van die eienaars van die restaurant wat nie geïdentifiseer wil word nie het aan die Herald verduidelik, “Vroeg daardie Saterdagoggend het die betrokke persoon saam met ‘n vriend en vriendin die restaurant binnegekom en drankies bestel.

Die persoon se vriend het later deur die restaurant se venster geklim en buite geürineer. Ek het dadelik vir die man gaan sê dit word nie by ons familierestaurant toegelaat nie. Die vriend het om verskoning gevra maar die ander persoon (die verdagte) het vir my gesê: ‘Moet dit nie ‘n issue maak nie’.

“Hulle het later die restaurant verlaat maar die verdagte en sy vriendin het teruggekom en toe woorde gehad.

“Die verdagte het weer die restaurant verlaat en toe hy terugkom het hy die deur so gewelddadig oopgeruk dat dit van sy spoor afgegaan het. Daarna het hy weer met die vriendin gaan praat. Na nog harde woorde het die verdagte na bewering aggressief begin raak. Hy het goed begin skop en toe ek na hom toe gestap het, het hy my gestamp en na die ander eienaar toe gegaan met wie hy ook woorde gehad het.”

Die tafelblad wat in 'n woedebui uitgeruk is.
Die tafelblad wat in ‘n woedebui uitgeruk is.

Die eienaar het toe ‘n kennis gebel om die situasie te red.

Die verdagte het daarna glo aangehou om skade aan te rig deur kroegstoele rond te gooi, glasbottels teen die mure te slaan, ruite uit te slaan en glase rond te gooi. ‘n Tafelblad is selfs afgeruk. Die skade aan die eiendom is glo baie erg.

Volgens die een eienaar was personeel glo so bang dat hulle weggehardloop het. Van hulle het selfs nie eers daardie dag teruggekeer nie. Die verdagte het na bewering ook alkoholiese drank geneem sonder om daarvoor te betaal.

Die eienaar het verder gesê, “Op pad buite toe het die verdagte die ruite van die deur met sy vuis geslaan en die ander ruit met sy skouer gestamp. Hy en sy vriendin is daarna weg nadat hy haar ook na bewering rondgestamp het en vir haar gesê het om in die motor te klim.” ‘n Getuie het glo ‘n polisieman geskakel en die verdagte is later gearresteer.

Hy het op 10 Julie in die Randfontein Landdroshof verskyn, waar die borgaansoek tot 16 Julie uitgestel is. In die hof het sake drasties verander nadat die minimale aanklagte teen hom op die klagstaat verander het na 14 aanklagte. ‘n Artikel 1-misdryf is verhoog na Artikel-5-misdrywe wat baie ernstiger is.

Die aanklagte sluit in:

• Twee pogings tot moord

• Bestuur sonder ‘n lisensie

• Intimidasie

• Roekelose bestuur

• Aanranding met die opset om te beseer

• Kwaadwillige saakbeskadiging

• Bestuur onder die invloed van drank

Die eienaars van die restaurant het ‘n interdik teen die verdagte gekry. Volgens hom is twee ander vermaakplekke in Randfontein ook interdikte teen hom toegestaan.

Die eienaars wil die publiek gerusstel, en vir dié wat bewus is van die insident sê, “Alles is terug na normaal en almal is welkom. Sulke gedrag sal nie in ons restaurant geduld word nie.”

Glas sit nog in die muur vas nadat bottels daarteen stukkend geslaan is.
Glas sit nog in die muur vas nadat bottels daarteen stukkend geslaan is.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button