Local newsMunicipalNews

Munisipaliteit help met slaggateis

Vrou sê sy kon die diens nie glo nie.

“Ek was verstom dat die munisipaliteit so uit hul pad gegaan het,” sê ‘n vrou oor die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit nadat hulle haar gehelp het om vir die skade aan haar kar te eis.

Op Dinsdag 7 Julie was Zandri van Loggerenberg, haar man en hulle twee seuntjies op pad Randfontein toe om hulle omstreeks 6.20vm soos elke ander oggend by die skool af te laai. Toe tref die kar ‘n slaggat.

Ongelukkig kon my man nie uitswaai nie omdat daar ‘n groot trok van voor af gekom het. Sou hy uitswaai sou dit ‘n groter ongeluk veroorsaak het,” sê sy.

“Daar is baie skade aan die kar – al twee die linkerkant se wiele is beskadig en met die slag het die twee lugsakke ontplooi. Ek het natuurlik op die voorste passasiersitplek gesit en die lugsakke het veroorsaak dat ek my arm seermaak.”

20150707_080909 (Medium)
Die voertuig se lugsakke het uitgekom.

Na die voorval is Zandri munisipaliteit toe om uit te vind hoe om vir die skade te eis. Sy sê sy kon die diens nie glo nie.

Ek het met ‘n Jan gepraat. Daardie man het vir ons uit sy pad uit gegaan en vir my verduidelik wat ek alles nodig het vir die eis. Ek is nog besig om die dokumente bymekaar te kry en hopelik sal die hele ding uitgesorteer word.”

Die Herald het na die slaggat gaan kyk en gesien dis so groot dat ‘n vierjarige kleuter daarin kan lê. Dit is duidelik dat twee karre nie terselfdertyd verby die slaggat kan ry nie tensy een van die karre stop of in die slaggat in ry en die kar beskadig. As ‘n trok uitswaai om nie die slaggat te tref nie moet ‘n aankomende voertuig beslis stop.

Gelukkig is die familie nou veilig; klein Zivan, Zandri se seun lag nou oor die slaggat maar sy ma dring daarop aan dat die munisipaliteit die slaggat regmaak.

Ek wil net nie hê ‘n ander familie moet die slaggat tref nie want dit kan hul dood veroorsaak,” sê Zandri.

Woordvoerder van die munisipaliteit, Tshidiso Tlharipe, sê hulle gaan die saak aan die betrokke departement oorhandig.

Die band wat beskadig was.
Een van die bande wat beskadig was. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

R16 000 se skade weens reuse-slaggat

Randgate-slaggate nie meer ‘n grap

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button