Local newsNews

Gerhard is ‘n man met ‘n plan

Betaling vir herwinbare materiaal is maar skraps.

Gerhard Fourie, 38, ‘n inwoner van Randgate wat sedert geboorte verstandelik gestrem is, doen ‘n beroep op die gemeenskap om hom ‘n kans op ‘n beter lewe te gee.

Gerhard is welbekend in die gemeenskap en mens sien hom gereeld op sy fiets in Randgate met die waentjie wat hy sleep.

Hy versamel herwinbare materiaal en ruil dit by ‘n herwinningsmaatskappy in Randfontein in vir kontant. Sy ma het verduidelik dat hy baie vêr loop en ook selfs met sy fiets en waentjie lang afstande aflê om herwinbare materiaal in die hande te kry.

Gerhard woon tans op ‘n fabrieksterrein waar hy ook sekuriteitswerk doen, maar kry geen vergoeding daarvoor nie behalwe vir die kamer waarin hy bly.

Gerhard Fourie by sy fiets en waentjie.
Gerhard Fourie by sy fiets en waentjie.

By sy woonplek het die Herald hope herwinbare materiaal, onder andere bottels en koerantpapier gesien. Daar het ook yskaste en wasmasjiene gestaan wat Gerhard deur die dag herstel. Dit is baie ooglopend dat Gerhard uiters hardwerkend is.

Volgens hom is die vergoeding vir herwinbare goedere maar skraps en om R200 te verdien moet baie materiale ingeruil word. Sy grootste probleem is dat hy net die fiets en waentjie het om dit te vervoer.

Al sukkel Gerhard met sy spraak en kan nie lees of skryf nie, het hy wel ‘n spesiale skool in Krugersdorp bygewoon. Sy hande staan egter vir niks verkeerd nie en hy sal enige werk vir die gemeenskap wil doen.

Gerhard en sy ma het telkemale al vergeefs by South African Social Security Acency (Sassa) aansoek gedoen vir ‘n maatskaplike toelae nadat ‘n dokter dit op skrif gestel het dat dit vir Gerhard moeilik is om kantoorwerk te doen.

Enige iemand wat vir Gerhard Fourie ‘n geleentheid wil gee en werk kan aanbied, al is dit net vir ‘n dag, kan hom skakel by 079 736 6652.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button