Kom speel o.21-rugby

Afrigters glo vas aan die vyf kernwaardes van rugby.

Die o.21-rugbyspan van Randfontein Rugbyklub rig ‘n versoek aan spelers in die gemeenskap om by hulle aan te meld.

Jacques Conradie van die klub het gesê, “Ons het tans ‘n goeie kern van spelers maar ons het nog spelers nodig net om die span goed af te rond.”

Hy nooi almal uit wat belangstel om op Dinsdae- en Donderdae-aande tussen 6.30nm en 8nm by die Greenhills Sportstadion saam met die span te oefen.

“Die afrigters glo vas aan die vyf kernwaardes van rugby en wil graag ‘n permanente stempel op elke speler se ontwikkeling afdruk,” het Conradie bygevoeg.

• Kontakbesonderhede: Johann du Toit by 082 550 9762.

Exit mobile version