Local newsNewsSchool sportSchoolsSport
Jannas-stoeiers haal weer die podium
Twee goud en twee brons vir plaaslike stoeiers in Pretoria.
Jannas Stoeiklub het op Saterdag 20 Junie, dié keer in Pretoria, nie teleurgestel nie deur weer die podium te haal.
Sewe Jannas-stoeiers was deel van die 400 wat in die Tuks Challenge in die Rembrant Saal in die LC de Villiers Sportsentrum van die Universiteit van Pretoria kragte gemeet het. Hulle was:
• Shaun-Lee Beukes
• Gawie Erasmus
• PJ Fourie
• Aldré Groenewalt
• Henko Jacobs
• Justin Landsberg
• Michael Reed
Jannas-medaljewenners:
• Gawie Erasmus — Brons
• PJ Fourie — Goud
• Aldré Groenewalt — Goud
• Justin Landsberg — Brons