Moddies-rugby maak geskiedenis

Vier rugbyspanne van Laerskool Modderfontein doen die ongelooflike.

Vier rugbyspanne van Laerskool Modderfontein het Saterdag 20 Junie die Gauteng-eindstryd van hul onderskeie ouderdomsgroepe gewen.

Die o.9’s, o.10’s, o.11’s en eerstespan het in die eindstryd gespeel en volgens die skoolhoof, Willie Potgieter, is dit die eerste keer in die provinsie se geskiedenis.

“Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is dat al vier spanne hul wedstryde gewen het.”

Laerskool Modderfontein is baie trots op die uitstekende prestasie van die spelers en afrigters, en dat hulle die Wes-Rand se naam hoog hou.

Exit mobile version