Moddies se o.13’s is skaakmeesters

Geen skaakmat vir Moddies o.13-span.

Laerskool Modderfontein se o.13-skaakspan is onlangs as die Westonaria Ligawenners aangewys.

Dit nadat hulle vier wedstryde teen omliggende Westonaria-skole gespeel en bo uitgekom het.

Die skaakspan gaan na die Julie-vakansie met die ligawenners van buurdorpe Randfontein en Krugersdorp meeding.

Die o.13-wenspan is as volg:

• Bongumenzi Siluma, Unathi Msomi, Tiaan van Aswegen, Akhona Mehlomakulu, Mpumelelo Singo en Songezo Goxo.

Tydens die D2 Individuele Kampioenskappe wat in Mei by Randfontein High School plaasgevind het, het Unathi ‘n vierde plek en Tiaan ‘n sewende plek behaal. Hulle kwalifiseer ook vir Gauteng-kleure.

Nog ‘n ster in Moddies se o.13-skaakspan is Tiaan van Aswegen wat ‘n sewende plek in die D2 Individuele Kampioenskappe behaal het.
Exit mobile version