Teine spog met nuwe uitrusting

"Ons sien uit na 'n toekoms saam met hulle."

Mapogo Teine se eersterugbyspan was onlangs omtrent bederf.

Op Woensdag 24 Junie het die span nie net nuwe uitrusting ontvang nie maar is een van drie klubspanne aan die wenkant teen die studente van Wits.

Die nuwe uitrusting sluit in spoggerige rugbybaadjies; serpe en kortbroeke met sekuriteitsmaatskappy, Mapogo A Mathamaga as hoofborg en MTI asook FSK die twee ander borge.

Serpe is deur Margot Johnson van MTI gebrei. Dit het haar glo twee maande geneem om die serpe klaar te maak. In totaal het sy 25 serpe vir die span gebrei.

“Margot is gebore met ‘n kondisie wat hulle hydrocephalus noem. Dit beteken water op die brein. Voorgeboorte was haar prognose redelik sleg aangesien daar bykans geen brein aan die linkerkant was nie. Sy was nie veronderstel om eendag te sien, sit of loop nie,” het Johan Cronje, verkope en tegniese direkteur by Mapogo gesê.

Vandag is sy 23 en het sy opmerklik serpe vir ‘n hele rugbyspan gebrei.

Margot Johnson van MTI wat die serpe gebrei het staan met Dana van Vuuren, voorsitter van Randfontein Rugbyklub.

Die Teine manne moes voor gaan om hul klere te gaan haal. Elkeen van hulle het die baadjies onmiddellik aangepas en die serpe rond hul nekke te sit.

Dana van Vuuren, voorsitter van die Randfontein Rugbyklub bedank Mapogo sowel as ander borge.

“Ons sien uit na ‘n toekoms saam met hulle.”

Die truie was uitgedeel voor die eerstespan se groot wedstryd teen Wits. Die ander spanne van die klub het ook teen Wits gespeel. Al die personeel wat deel van die oorhandiging was het vir die hele aand gebly en vir die Randfonein manne geskreeu.

Na die manne hul baadjies ontvang het moes hulle teen die Wits eerstespan speel. Elke Randfontein het elkeen van hul wedstryde gewen.

Uitslae van die wedstryde teen wits:

• Randfontein derdespan 31-8 Wits

• Randfontein tweedespan 20-7 Wits

• Randfontein eerstespan 31-22 Wits

Clinto, waiting for these captions. Will have them to you before by tomorrow morning.
Exit mobile version