Ram-leerlinge wil wiskunde se baas wees

Graad 3's van Laerskool Randfontein wys hulle is nie bang vir Wiskunde nie.

Laerskool Randfontein (Ram) het aan die jaarlikse Mental Maths-kompetisie deelgeneem wat vir al die Graad 3-leerlinge aangebied is.

“By Ram roem ons op wiskundeprestasies. 167 leerlinge in vyf verskillende klasse het dieselfde vraestel geskryf as al die leerlinge in die distrik. Daar is ‘n wenner in elke klas aangewys,” het Annie Nolan, woordvoerder van Ram gesê.

Wenners in die verskillende Graad 5-klasse:

• Graad 3 (34): Judith Redelinghuis

• Graad 3 (35): Karla Strydom

• Graad 3 (40): Donovan van der Poel

• Graad 3 (41): Waldo Greyling

• Graad 3 (49): Zander Camper

Volgens Annie het Karla Strydom en Waldo Greyling dieselfde punte in die vraestel behaal en moes weer skryf.

“Beide die leerlinge is fantasties in wiskunde en in die uitkloprondte moet drie keer geskryf word voordat ‘n wenner aangewys kon word. Die skoolwenner is Waldo Greyling. Die hoof en personeel van Ram is baie trots op Waldo en ons is seker hy gaan uitstekend vaar tydens die volgende rondte van die kompetisie.”

Exit mobile version