Local newsNewsSchools

Groot toekoms vir jong Jannas-kunstenaar

Jannas-leerling een van 15 wat landswyd gekies is om grafiese ontwerp te studeer.

‘n Graad 12-leerling van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is een van 15 leerling van reg oor die lands wat aanstaande jaar aan die Inscape Kunsskool in Johannesburg gaan studeer.

“Dit is besonder moeilik om keuring by dié instansie te kry aangesien slegs 15 studente landswyd gekeur word,” het Marthie van Deventer, kunsonderwyser by Jannas gesê.

Alicia van der Berg moes ‘n skets maak van haar hand wat ‘n glas vashou om te wys wat sy kan doen. Volgens Marthie moes dit nie baie realisties wees nie. Alicia het die paal gehaal en is een van 15 leerlinge landswyd wat gekies is om grafiese ontwerp te gaan studeer.

“Haar toekomsplanne is om grafiese ontwerp oorsee by filmmaatskappye te doen. Sy wil ook graag eendag haar eie kunsskool op die been bring. Ek is baie trots op haar en ek glo dat sy ‘n huishoudelike naam sal word op die kunsfront,” het Marthie bygevoeg.

Related Articles

Back to top button