Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Geen keer aan Rappies o.12-netbalspan

Liga-wenners streef nou na Gauteng-kampioenskaptitel.

Laerskool Rapportryer se o.12-netbalspan het vir die streekskampioenskappe gekwalifiseer nadat hulle as die wenners van die Jomo Pool B-skoleliga aangewys is.

Die kampioenskappe sal op 5 en 6 Julie by Maragon Private Schools plaasvind. Hulle afrigter, Magda Swart is werklik trots op die span, aangesien dit die derde jaar in ‘n ry is dat hulle die liga wen.

Indien hulle die streekskampioenskappe wen, sal die span na die Gauteng-kampioenskappe deurdring.

Magda het elke speler gelukgewens met hul puik spel en wens almal sterkte toe vir die grote.

Related Articles

Back to top button