Dis Jannas teen Alberton in eindstryd

Hoërskool Jan Viljoen se o.16-rugbyspan in Goue Leeus-eindstryd.

Alle oë in die dorp is nou op Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se o.16-rugbyspan gevestig om ‘n titel te wen.

Die span het tot die Goue Leeus-eindstryd deurgedring nadat hulle Hoërskool Dinamika in die halfeindstryd 27-7 verslaan het. Die Goue Leeus-eindstryd sal in die derde kwartaal plaasvind waartydens Jannas se o.16’s met Hoërskool Alberton sal koppe stamp.

Tamaryn Smith, woordvoerder van Jannas het gesê, “Jannas het tot dusver ‘n besonderse goeie rugbyseisoen beleef. Op 20 Junie het die Goue Leeus-halfeindstryde plaasgevind waartydens drie Jannas-spanne (o.14, o15 en o.16) in aksie was.”

Jannas se o.14’s het ongelukkig nie die paal gehaal nie en het teen Hoërskool Dinamika 15-elk gelykop geëindig.

“Omdat Dinamika eerste punte aangeteken het, is hulle as die wenners aangewys,” het Tamaryn gesê.

Die o.15’s het 15-12 teen Hoërskool Randburg vasgeval.

Smith het ten slotte gesê, “Geluk Jannas se o.16’s, julle hou Randfontein en die skool se naam hoog op die rugbyveld.”

Kaya Mangena in aksie. Foto: ingestuur
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version